Die krap met die goue knypers (Le Crabe aux Pinces d'Or) is een van 'n reeks van die welbekende strokiesverhale, geskryf en geïllustreer deur die Belgiese skrywer Hergé, oor die jong held Kuifie en sy wedervaringe. Hierdie boek is die eerste een in die reeks wat die leser aan Kuifie se jarelange vriend, Kaptein Haddock voorstel.
Die krap met die goue knypers is die negende boek in die Kuifie-reeks. Dit is die eerste keer gepubliseer in 1941, (in Frans). Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 2005.
Bederwingswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.